Plaasfeite
BESKRYWING
Oostelike Sandveld.
ONDERNEMING
Ultrahoëdigtheidbeweiding (UHDG) beesboerdery met aangeplante weiding sowel as veld; koeikalf-, speenkalf- en osproduksiestelsel.
EIENDOMSGROOTTE
7 400 ha (insluitend 690 ha bloubuffel en gemengde graslande).
FUNKSIONELE KLASSIFIKASIE VAN AREA
Sanderige area met matig aggressiewe bosverdigting en ryp.
GEMIDDELDE JAARLIKSE REËNVAL EN VERANDERLIKHEID
Gemiddeld 483 mm, laagste 250 mm, hoogste 900 mm (2000-2022).
HOOGTE
1580 meter bo seespieël.
BESIT OF HUUR
Besit (Kühl/Rösemann-familie), voltydse bestuur.
MOTIVERING VIR VERANDERING EN BENADERING
Nadat die Rösemanns die plaas in 2018 oorgeneem het, het hulle besluit om beeste te verkoop om die bestokking tot volhoubare perke aan te pas en die ultrahoëdigtheidbeweiding (UHDG) benadering toe te pas
HOOFINNOVASIE
Ultrahoëdigtheidbeweiding op aangeplante bloubuffelweiding in die groeiseisoen en op veld in die nie-groeiseisoen, terwyl ’n goed aangepaste kudde gevestig word wat nie-selektief wei nie.
Voervoer vir diere: Die gemiddelde hoeveelheid beskikbare gras en bos in kilogram per hektaar is onderskeidelik 1 391 en 454 wat ’n totaal van 1 845 kg/ha voer aan die vee beskikbaar stel.
Boomdigtheid: Die gemiddelde houtagtige boomdigtheid is 1 111 TE/ha (boomekwivalente per hektaar).
Biodiversiteit: Die gras- en boskomponent bestaan onderskeidelik uit 12 en 9 spesies. Die biodiversiteit-indeks van die plaas is ’n medium waarde (0,6) wat daarop dui dat ’n paar spesies die grasse en bosse wat op die plaas groei, begin oorheers.
Sleutel resultate
​
-
Kon ’n goed aangepaste kudde deur die 2019-droogte handhaaf
-
Verbeterde beesprestasie.
-
Verbeterde grondbedekking en grasproduksie.
-
Toename in winsgewendheid.
Plaas Tokat
Dit is Detlev en Stephanie Rösemann se leuse: Beplan en begin dan. Moenie te lank huiwer nie. Weet waarheen jy wil gaan, begin met wat jy het, doen wat jy kan en verbeter soos jy aangaan.
Sleutel wenke
​
-
As jy UHDG beoefen, word daaglikse besoeke aan die veetroppe vereis om te verseker dat die beeste vol (goed gevoer) is en die toepaslike versorging ontvang, wat lei tot behoorlike liggaamskondisie, goeie gesondheid en blink pelse.
-
UHDG is nie ’n kitsoplossing nie; ’n gefokusde ingesteldheid en die nodige geduld sal egter lonende resultate meebring.
-
Beplan vooruit om voorsiening te maak vir wat nodig is met betrekking tot diere en infrastruktuur (of die vervanging daarvan). Doen vooraf deeglike finansiële beplanning om hierdie uitgawes te hanteer.
-
Belê vroegtydig in welvaartgenererende uitgawes: genetika (goeie beeste), hanteringsinfrastruktuur, waterstelsels, en dergelike.
-
Enige weidingbestuurbenadering moet in harmonie werk met die tipe bees wat gebruik word; daarom moet die keuse van die gepaste genetika van die begin af ’n prioriteit wees.
-
Maak seker jy het vroegryp, goed aangepaste vee – hulle is die sleutel tot jou sukses. Aangepaste beeste vreet wel bos en presteer baie goed daarop. Probeer sover as moontlik om aangepaste bulle in jou onmiddellike omgewing te koop.
-
Weens weidingdruk is ’n laer dragtigheidsyfer ’n gegewe, vergeleke met konvensionele boerderypraktyke. Hierdie laer dragtigheidsyfer word egter geneutraliseer deur hoër bestokking.
-
Om ’n volhoubare beesboerdery te bedryf fokus op die kombinasie van faktore vir ’n ’produk’ wat optimale wins per ha genereer. Vermy slaggate soos om beste individuele gewig of prys per dier te probeer najaag.
Benaderings
VEERKRAGTIGHEID VAN DIE PLAAS
Ekologiese en finansiële veerkragtigheid is tydens en ná die 2019-droogte bereik. Bestokking het sedert 2018 van 25 kg/ha tot 41 kg/ha toegeneem.
​GELDMAAK POTENSIAAL VAN DIE PLAAS
’n Gemiddelde kalfpersentasie van 62% is behaal sedert 2019. Die lewende gewig wat op die plaas geproduseer is, het toegeneem van 6 kg/ha tot 15 kg/ha sedert 2018. Die kalfpersentasie is laag, maar die Rösemanns meen dit word uitgebalanseer deur die verhoogde bestokking.
KEUSE VAN DIER/E
Die basiese beginsel van beesseleksie word toegepas, is om daardie diere wat reproduseer terug te hou, ongeag van ras en voorkoms. Die meeste van die tyd bied hierdie diere die ’volle pakket’ met die beste liggaamskondisie wat spruit uit nie-selektiewe beweiding.
​